Heidelbergse Kategismus

Die Heidelbergse Kategismus lê my baie na aan die hart. Ek hoop om studies van my onder hierdie afdeling te laai. Dit sal in PDF-formaat wees (soms ook as video’s).

Lêers kan direk op die skerm besigtig word deur daarop te kliek. Dit kan afgelaai word deur te regskliek en dan Save As te kies.

1. Tot roem en prys van Gods genade. ‘n Baie belangrike behandeling van Sondag 1, die Sondag wat die hele Kategismus vir jou ontsluit en laat verstaan.

Dit kan afgelaai word

a. as PDF

Kliek op hierdie skakel vir die PDF:

PDF

b. en as video’s, waarvan die volgende 4 reeds beskikbaar is:

  1. Les Voorlied video0
  2. Les Inleiding: die goue draad  video1
  3. Les 1: Vraag 1: Ons enigste troos video2
  4.  Les 2: Antwoord 1a: Ek is die eiendom van my getroue God video3
  5.  Les 3: Antwoord 1b. Hoé ek sy eiendom geword het en hoé ek altyd sy eiendom sal bly video4
  6. Les 4: Antwoord 1c. Daarom: geloofssekerheid en geloofsgewilligheid omdat Christus ons skuld betaal, ons verlos, ons bewaar video5
  7. Les 5: Vraag en antwoord 2. Noodsaaklike kennis video6

 

2. Troos, troos my volk. Verklaring van die Heidelbergse Kategismus deur AH Bogaards.

Hierdie elektroniese uitgawe is die 2e, dws die nuwe uitgawe van Troos, troos my volk.

Die bylaag oor Sondag 1 is bygevoeg. Dit maak die boek nog meer waardevol en belangriker. Sondag 1 is die verklaring, die sleutel tot die hele Kategismus.

Meer nog: in een Sondag (1) word die hele hart van die Evangelie ons aangereik.

Laai dit hier af in PDF-formaat:

PDF

Die Werkboek by Troos, troos my volk: PDF

 

Social Media Auto Publish Powered By : XYZScripts.com