FACEBOOK. HOEKOM EK DAAROP GAAN BLY. ’N GELOOFSSAAK
FACEBOOK. HOEKOM EK DAAROP GAAN BLY. ’N GELOOFSSAAK
SHARE ASB!
Ek het met al die stories oor Facebook en hoe onveilig dit is, baie geworstel met die vraag: Moet ek nie maar my FB-rekening sluit nie?
Ek het besluit om te bly en ek sal ook sê hoekom.
Ek wil begin deur Facebook te vergelyk met Covid:
· Ons moet ons verantwoordelikhede as mense nakom en alle voorsorg tref om Covid nie te kry nie (maskers, vitamines, ens). Maar as gelowiges moet ons weet: As die Here ons nie bewaar nie, sal ons dit kry.
· Met Facebook is dit dieselfde. Die Here wil hê dat ons ons verantwoordelikhede nakom deur ons te beveilig teen hackers ens. Maar as die Here ons nie bewaar nie, is dit klaarpraat met ons.
Ek het verder gevoel: Daar word sulke mooi Koninkrykswerk deur verskillende mense en ook deur myself gedoen, dat ek nie mag weggaan nie. Gelowiges het vir jare opgebou aan blaaie op Facebook, wat so kosbaar en tot eer van God is. As ek en ander weggaan, val al hierdie harde werk plat en dit is nie tot eer van God nie.
Die duiwel kry die lekkerste as ons hierdie goeie werk ongedaan maak.
Verder: Facebook en tegnologie behoort nie aan die duiwel nie. Dit behoort aan die Here en Hy wil hê dat ons dit tot sy eer gebruik en geniet.
Almal wat Koninkrykswerk op FB doen, moet vashou aan hierdie Woord van Christus:
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Mat 28:18-20: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Doen met vertroue op God julle Koninkrykswerk en glo en vertrou: Hy is met ons in die werk. Dit leer Matteus 28 ons oorduidelik.
Lê julle Koninkrykswerk ook biddend aan die Here voor. Bid dat Hy die werk van die duiwel op Facebook sal afbreek en dat vele nog deur ons arbeid tot geloof sal kom.
Ek is nie ’n kenner van Facebook nie. Google gerus hoe om jou te beveilig.
Weerhou julle ook van lelike, rassistiese, krenkende skrywes. Dit pas nie by ’n gelowige nie.
Dankie aan almal wat Koninkrykswerk op Facebook doen. LIKE EN SHARE DIT OOK. Kom ons werk as gelowiges saam en stry saam die goeie stryd.
Onlangse Kommentaar